Carika Martins

October 3, 2018 by
Sanet Vermeulen
Odoo CMS- Sample image floating

Ek wil graag ‘n getuienis lewer oor die Karakterbou program wat by my kinders se kleuterskool aangebied word.  My kinders is by Busy Hands Kleuterskool.


My seuntjie is 5 jaar oud.  Die betrokke dag kom ek by die skool en die knapie was ongehoorsaam.  Ek praat toe met hom voor sy juffrou en verduidelik dat sy gedrag glad nie mooi of van pas is nie en dat indien hy stout is maak hy mamma en juffrou se hartjie baie seer.  Hy knik toe en ons is daar weg.


Die aand na etenstyd sit ons as gesin om die etenstafel en lees Bybel.  Hy vra toe of hy maar mag bid.  Ek sê toe hy mag maar vir ons bid.  Hy het o.a. vir ‘n hele paar goedjies gebid en die volgende oomblik bid hy

 “Liewe Jesus kan jy my asb help dat ek nie weer mamma en Tannie Santie se hartjies sal seer maak nie.  Help my asb dat ek die kleiner maatjies sal help as hul seer kry.  Liewe Jesus ek wil nie stout wees nie help my tog asb. om ALTYD MY BESTE te gee, Liewe Jesus ek probeer, maar dit is moeilik, maar kan Jy my asb. tog net help om my beste beste te gee en om altyd my beste te probeer en om aan te hou om soet te wees.”

Die kinderlike onskuld in die gebed het my onkant gevang, maar was so mooi en toe besef ek hulle was daai week besig met die onderwerp:  Verantwoordelikheid – Die olifant.  Daar het ek besef die karakterbou maak werklik ‘n verskil in hul lewens.  Baie dankie vir die program en ook aan hul Juffrou Santie wat dit so mooi aan hulle oordra.

Sanet Vermeulen October 3, 2018
Share this post
Tags
Archive