OMGEE BY SKOLE ATLETIEK

September 13, 2018 by
Sanet Vermeulen

Tydens ons skool se atletiek Woensdag en Donderdag, gebeur voor ons oë een van die mooiste OMGEE gebare wat mens kan kry. Aiden Herbst, die seuntjie in die blou keppie, hardloop 'n baie goeie resies maar draai sonder om te dink net daar om om sy groot vriend en beste maatjie te gaan help, toe dié val. Dit sit sommer 'n knop in jou keel en weet mens net weereens verseker, plant saad mildelik, op 'n dag kom daar net eenvoudig die allermooiste oes, voor jou oë op!! Dankie Adonai Trust vir jul Karakterbou Program, ons Koning se seën op jul taak en roeping. Pro-Ed Swakopmund
Gestuur deur Carina Viljoen

Sanet Vermeulen September 13, 2018
Share this post
Tags
Archive